Familie van Rooy

Charles Holsters

Johannes Cornelis van Rooy en Anne Françoise Holsters was die stamouers van die familie Van Rooy in Suid-Afrika. Charles Holsters en Petronille (neé: de Gieter) was Anne Françoise se ouers.

Die Familie van Rooy in Suid-Afrika
Charles Holsters

Charles Holsters is gebore op 18 Oktober 1810 in Brugge, België. Charles tree in die huwelik met die weduwee Petronille de Gieter op 6 Januarie 1836 in Brussel. Sy is gebore op 11 September 1809 in Brussel. Petronille was voorheen getroud met Judocus Josephus (Josse Joseph) Trullemans. Hy is op 12 September 1830 oorlede op 27 jarige ouderdom.

Charles en Petronille se kinders was:

Charles
* Brussel 25.02.1832
Anne Françoise
* Brussel 31.12.1834
Pauline Constance
* Brussel 18.04.1837
Marie
* Brussel 12.07.1839
Barbe Josephine
* Brussel 08.07.1842
Félicité
* Brussel 16.12.1844
Gustave Charles
* Brussel 03.01.1848
Simon Pierre
* Brussel 27.11.1850

Charles was 'n haarkapper (in Frans: coïffeur) van beroep en Petronille het 'n wassery (in Frans: lingère) bedryf. In die 1875 huweliksakte van Simon Holsters word gestel dat Charles se beroep droogskoonmaker (in Frans: teinturier) was.

Petronille Holsters is op 23 Junie 1857 in Brussel oorlede op 47 jarige ouderdom.

Op 3 Februarie 1866 trou Charles Holsters met Adéle Henriette de Rijck in Brussel. Adéle is op 6 Maart 1840 in Brussel gebore.

Charles en Adéle se kinders was:

Léonie Philippine
*
Ixelles
06.07.1862
Anna Louise
*
Ixelles
24.03.1866
Jeanne Hyacinthe
*
Brussel
18.09.1867
Paul Ferdinand
*
Brussel
08.06.1869
Charlotte Henriette
*
Laken
20.08.1870

In die 1879 huweliksakte van Barbe Josephine Holsters word gestel dat haar vader, Charles Holsters, die Belgiese gedenkkruis-medaje van 1830 ontvang het. Hy kry ook 'n staatspensioen aangesien hy gewond was in die 1830 Belgiese rewolusie.
(In Frans: Pensionné comme blessé de Septembre, décoré de la croix commémorative de 1830.)
In Charles Holsters se oorledensakte van 1898 word die ysterkruismedalje ook vermeld.
(in Frans: décoré de la Croix de fer)

Die 1830 Belgiese Rewolusie het gelei tot die afstigting van die Suidelike Nederlande
en die stigting van die onafhanklike Koningkryk van België.

In die 1894 huweliksakte van Léonie Holsters word verklaar dat Charles Holsters nie die akte kon onderteken nie aangesien hy blind was. (in Frans: déclare ne savoir signer étant privé de la vue)  Die blindheid van Charles word ook vermeld in die lewensbeskrywing van Clara Petronella van Rooy (b4).

Charles Holsters is in Brussel op 13 Januarie 1898 op die ouderdom van 87 jaar oorlede.

Sien gerus ook:

→ terug na familie Holsters