Familie van Rooy

Inligting in die argief van Wes-Kaap

Die Argief- en Rekorddiens van die Wes-Kaap (KAB) is in die ou tronk te Roelandstaat 72, Kaapstad. In die argief word regeringsdokumente en private versamelings vanaf Jan van Riebeeck se tyd bewaar. Hier is ook 'n hele aantal interessante dokumente rakende die familie Van Rooy en in besonder dokumente oor die stamouers.

Argief van die Wes-Kaap
handtekeninge
die handtekeninge van die stamouers
in hulle testament van 9 Desember 1887

Die oudste dokument is 'n brief wat op 23 Julie 1869 geskryf is deur die stamvader, Jean Corneille van Rooij, aan die "Colonial Officer". Die brief, geskryf in Engels, is in reaksie op 'n brief asook berigte in die koerant waarin gepoog word om Johannes en sy vrou, Anne, op te spoor. Die rede vir die soektog was egter nie vermeld nie. Die stamvader onderteken die brief met die Franse weergawe van sy naam, Jean Corneille. Die brief is in 'n uitstekende toestand en die skrif is baie duidelik en maklik leesbaar.

Die testament van Johannes Cornelis van Rooij en Anne Françoise Holsters is ook hier ter insae asook beide se doodsertifikate. Dit is interessant dat die stamvader se voorname in al genoemde dokumente Johannes Cornelius is (i.p.v. Johannes Cornelis). In beide Johannnes Cornelis en Anne Françoise se doodsertifikate word hulle kinders se name dieselfde weergegee met die oudste kind se naam as Hendrik Karel (in plaas van Henri Charles).

Die volgende dokumente van die stamouers kan besigtig word in die National Argief te Roelandstraat 72, Kaapstad.

NATIONAL ARCHIVES AND RECORDS SERVICE
Cape Town Archives Repository (KAB)
SOURCE VOLUME_NO REFERENCE DATE DESCRIPTION
CO 4160 197 1869 MEMORIAL. D VERMOOTEN. REGARDING JC VAN ROOY AND HIS WIFE AF HOLSTER.
201 1869 MEMORIAL. JC VAN ROOY. SUBMITTING INFORMATION REGARDING HIMSELF.
MOOC 7/1/510 243 1887 HOLSTERS, ANNE FRANCOISE. WIFE OF JOHANNES CORNELIUS VAN ROOY. WILL.
MOOC 7/1/511 339 1889 VAN ROOY, JOHANNES CORNELIUS. INVENTORY.
MOOC 6/9/265 306 1889 VAN ROOY, JOHANNES CORNELIUS. DEATH NOTICE.
MOOC 13/1/551  32 1889 VAN ROOY, JOHANNES CORNELIUS. LIQUIDATION AND DISTRIBUTION ACCOUNT.
MOOC 6/9/507 2570 1904 VAN ROOY, ANNE FRANCOISE. NEE HOLSTERS. DEATH NOTICE.
MOOC 13/1/1316 213 1905 VAN ROOY, JOHANNES CORNELIS. LIQUIDATION AND DISTRIBUTION ACCOUNT.

Sien gerus:

In die argief is ook dokumente van ander Van Rooijs wat dateer voor die aankoms van ons stamouers. Hierdie dokumente se skrif is egter moeilik leesbaar.

→ terug na geskiedenis