Die seilskip Karel August
Die seilskip Karel August, onder leiding van gesagvoerder Anthonie Huizer, het met die stamouers Johannes Cornelis van Rooy, gade Anne Françoise (gebore Holsters) en seun Henri Charles op Saterdag 24 Oktober 1857 uit Rotterdam vertrek. Hulle tweede kind, Antoine Charles Auguste, is op 24 November 1857 aan boord van die seilskip Karel August gebore. Die skip met die vier van Rooys het op Dinsdag 26 Januarie 1858 in Port Elizabeth vasgemeer.
Die Karel August was 'n brik. 'n Brik is 'n seilskip met twee groot maste met vierhoekige seile. Die romp van die skip was met koperplate tot bokant die waterlyn bedek om dit teen skeepswurm en ander plae te beskerm. Die skip was 29.72m lank, 5.29m breed, 3.64m dieptegang met verplasing van 257 ton. Dit is in 1849 gebou deur die skeepswerf (Cornelis & Jan) Smit in Alblasserdam, Nederland. Hierdie skeepswerf het hul eerste skip in 1827 te water gelaat en die laaste in 1977. Die eienaars van die skip was van Overzee & Co.
Die Karel August is in 1871 verkoop aan Duitsland.
Die volgende berig verskyn in die Rotterdamsche Courant van 26 Oktober 1857:
ROTTERDAM den 24 october.
In die boekie van Koos van Rooy (b7) kry ons die volgende aanhaling uit The Port Elizabeth Telegraph van 28 Januarie 1858:
"The Dutch ship "Karel August" which arrived in port on Tuesday last, brings to our shores a number of respectable immigrants who are proceeding to Burghersdorp, Bloemfontein, Aliwal North etc., where they have been engaged as Schoolmasters. There are three male and three female teachers from Scottland, and some ten or twelve from Holland. The whole are engaged by the Rev. Andrew Murray of Bloemfontein.
2/25 -- Karel August. -- (Dutch) brig, 256 tons, A. Huizer, from Rotterdam act. 25th to this port.
Cargo sundries:
Passengers: Mr. and Mrs. Noble and two children, Mrs. Law and child, Mr.
Tennant, Miss Tennant, Mr. Scott, Mr. and Mrs. Boonzaaier and child. Mr. and
Mrs. van Alphen and two (three) children, Mr. and Mrs. van Rooy and child
(two children), Mr. and Mrs. Korporaal and child (no child), Mr. and Mrs.
Zurich, Mr. de Ridder, Mr. Post, Mr. Galle, Mr. van Waardhuizen, Miss de
Geert, Mr. Maury.”
Bronne
- Jacob Spin, die negentiende eeuse "scheepsaftekenaar"
- Besonderhede van die Karel August op Stichting Maritiem Historische Databank
- Besonderhede van die Karel August op Piet's Scheeps Index
- Besonderhede van 'n brik skip op Piet's Scheeps Index en op Wikipedia
- Die geskiedenis van (Cornelis & Jan) Smit wat die Karel August gebou het op Piet's Scheeps Index
- Berigte in die Rotterdamsche Courant van:
24 Oktober 1857 (in die middel van bladsy 3 - In laden liggende Schepen) en
26 Oktober 1857 (in die middel van bladsy 2 - Heden is van deze stad vertrokken na Port Elisabeth)